Main

Let's use video to reinvent education | Salman Khan

http://www.ted.com Salman Khan talks about how and why he created the remarkable Khan Academy, a carefully structured series of educational videos offering complete curricula in math and, now, other subjects. He shows the power of interactive exercises, and calls for teachers to consider flipping the traditional classroom script -- give students video lectures to watch at home, and do "homework" in the classroom with the teacher available to help.

TED

12 years ago

Translator: Jayson Ford Reviewer: Christo Crafford Khan Akademie is mees bekend vir die versameling van video's, so voor ek verder gaan, laat ek jul 'n bietjie van 'n montage wys. (Video) Salman Khan: So die skuinssy is nou vyf. Hierdie dier se fossiele is net te vinde in hierdie deel van Suid-Amerika -- 'n mooi skoon band hier -- en in hierdie deel van Afrika. Ons kan integreer oor die oppervlak, en die notasie is gewoonlik is 'n kapitaal Sigma. Nasionale Vergadering: Hulle skep die Komitee van
Openbare Veiligheid, wat klink soos 'n baie mooi komitee. Let op, dit is 'n aldehied, en dit is 'n alkohol. Begin onderskeid in effektor en geheue selle. 'n Sterrestelsel. Daar is nog 'n sterrestelsel. Daars 'n ander sterrestelsel. En vir die dollars is hulle 30 miljoen, plus die 20 miljoen dollars van die Amerikaanse vervaardiger. As dit nie jou domslaan nie, dan het jy geen emosie nie. (Gelag) (Applous) SK: Ons het nou al ongeveer 2200 videos wat alles dek vanaf basiese optelkunkde tot vektor
kalkulus en 'n paar van die dinge wat jy daar gesien het. Ons het 'n miljoen studente 'n maand wat gebruik maak van ons webwerf, waar hul ongeveer ‘n 100 tot 200,000 video's per dag kyk. Maar waaroor ons hier wil praat is hoe ons gaan beweeg na die volgende vlak. Maar voor ek daar begin, wil ek eers 'n bietjie praat oor hoe ek hiermee begin het. Sommige van julle sal weet, dat sowat vyf jaar gelede was ek 'n ontleder by 'n heining fonds, ek was in Boston, en ek was my neefs se afstand-leermeest
er in New Orleans. En ek begin toe om die eerste YouTube video's op te laai regtig net as 'n ietsie extra, net as 'n aanvulling vir my neefs -- iets wat hulle 'n opknappingskursus of iets kon gee. En so gou soos ek daardie eerste YouTube videos opgelaai het, het interessante dinge gebeur -- eintlik het 'n klomp interessante dinge gebeur. Die eerste was die terugvoering van my neefs. Hulle het vir my gesê dat hulle verkies om my op YouTube te kyk, as in persoon self. (Gelag) En sodra mens oor die
vandehandse slag daarvan kom, was daar eintlik iets baie diepgaande daar. Hulle het gesê dat hulle verkies eerder die geoutomatiseerde weergawe van hul neef teenoor hul regte neef. Aan die begin, lyk dit baie on-intuïtief, maar wanneer jy eintlik dink daaroor uit hulle oogpunt, maak dit heelwat sin. Jy het hierdie situasie waar hulle nou hul neef kan vries en herhaal, sonder om te voel dat hulle my tyd mors. As hulle iets moet hersien wat hulle ‘n paar weke gelede moes geleer het, of selfs 'n p
aar jaar gelede, hoef hulle nie skaam te wees om hul neef te vra nie. Hulle kan net kyk na die video's. As hulle verveeld word, kan hulle net voort gaan. Hulle kan dit kyk op hul eie tyd, teen hul eie tempo. En waarskynlik die minste waardeerde aspek van hiervan is die idee dat vir die heel eerste keer, die heel eerste keer dat jy probeer om jou brein om 'n nuwe konsep te kry, is die heel laaste ding wat jy nodig het 'n ander mens wat sê, "Het jy dit verstaan?" En dit is wat gebeur het met die i
nteraksie met my neefs voor dit, en nou kan hulle dit doen in die intimiteit van hul eie kamer. Die ander ding wat gebeur het is -- ek het die videos op YouTube gelaai -- ek het geen rede gesien om dit privaat te maak nie, so ek laat toe dat ander mense dit kon sien, en mense het begin op die video’s afkom, en ek het begin om 'n paar opmerkings en 'n paar briewe en alle tipe terugvoering ontvang van mense van regoor die wêreld. En dit is net 'n paar. Dit is eintlik van een van die oorspronklike
kalkulus video's. En iemand het op YouTube geskryf -- dit was die YouTube kommentaar: "Eerste keer dat ek glimlag terwyl ek 'n afgeleiding doen." (Gelag) Laat ons stop hier. Hierdie persoon het 'n afgeleid gedoen en toe geglimlag. En dan in 'n reaksie op daardie kommentaar. Jy kan op YouTube gaan kyk na hierdie kommentaar -- het iemand anders geskryf: "Dieselfde ding hier. Ek het was sommer op 'n natuurlike hoog en was in 'n goeie bui vir die hele dag. Vandat ek kan onthou sien ek al hierdie "Ma
trix (film)" teks in die klas, en nou is ek soos, 'Ek ken Kung Fu.'" (Gelag) En ons kry 'n baie terugvoer soos hierdie ontvang. Dit was duidelik besig om mense te help. Maar toe, soos die kykertal net aanhou groei en aanhou groei het, het ek begin om briewe van mense te ontvang, en dit het begin duidelik geword dat dit eintlik meer as net 'n lekker-om-te-hê was. Dit is net 'n uittreksel uit een van daardie briewe. "My 12-jarige seun het outisme en het 'n verskriklike tyd met wiskunde. Ons het al
les probeer, alles gekyk, alles gekoop. Ons het op jou video oor desimale afgekom en dit het deurgekom. Toe het ons aanbeweeg na die gevreesde breuke. Weereens het hy het dit verstaan. Ons kon dit nie glo nie. Hy is so opgewonde." En so kan jy jouself indink, hier was ek 'n ontleder by 'n heining fonds. Dit was baie vreemds vir my om iets van sosiale waarde te doen. (Gelag) (Applous) Maar ek was opgewonde, so ekt aangehou. En toe het 'n paar ander dinge op my begin aanbreek. Dat, nie net sal dit
my neefs nou help nie, of hierdie mense wat briefies stuur nie, maar dat die inhoud nooit sal oud raak nie, dat dit hul kinders of hul kleinkinders sou kon help. As Isaac Newton YouTube videos oor kalkulus sou gedoen het, sou ek nie hoef nie. (Gelag) Die veronderstelling dat hy goed was. Ons weet nie. (Gelag) Die ander ding wat gebeur het -- en selfs op hierdie punt, het ek gesê, "Goed, miskien is dit 'n goeie aanvulling. Dit is goed vir gemotiveerde studente. Dit is goed vir miskien tuisskoler
s." Maar ek het nie gedink dit sou iets wees wat op ‘n manier die klaskamer sou deurdring nie. Maar toe het ek begin briewe van onderwysers ontvang. En die onderwysers sou skryf, en sê, "Ons het jou video's gebruik het om die klaskamer om te swaai. Jy het die lesings gegee, so nou wat ons doen ... " -- en dit kan gebeur in elke klaskamer in Amerika môre -- " ... wat ek doen is ek ken die lesings as huiswerk toe, en wat gebruik was as huiswerk, doen die studente nou in die klaskamer." En ek wil o
nderbreek hier vir -- (Applous) Ek wil Stop hier vir 'n sekonde, want daar is 'n paar interessante dinge. Een, wanneer daardie onderwysers dit doen, is daar die voor hand liggende voordeel -- die voordeel dat nou kan hul studente die video's geniet in dieselfde manier waarop my neefs dit geniet het. Hulle kan stop, herhaal teen hulle eie tempo, op hul eie tyd. Maar die meer interessante ding is -- en dit is die on-intuïtiewe ding waaroor jy praat as jy oor die tegnologie in die klaskamer praat -
- deur die verwydering van die een-grootte-pas-almal-lesing vanuit die klaskamer en toe te laat dat studente teen hul eie tempo lesings by die huis doen, en dan wanneer jy na die klaskamer kom, om hulle te laat werk, met die onderwyser wat rondloop, met die maats in staat om in interaksie te tree met mekaar, het hierdie onderwysers tegnologie gebruik om die klaskamer meer menslik te maak. Hulle het 'n fundamentele verontmenslikende ondervinding gevat -- 30 kinders met hulle vingers op hulle lipp
e, nie toegelaat om met mekaar interaksie te hê nie. 'n Onderwyser, maak nie saak hoe goed, moet hierdie een-grootte-pas-almal-lesing aan 30 studente oordra -- bleek gesigte, effens antagonisties -- en nou is dit 'n menslike ervaring. Nou is daar eintlik interaksie met mekaar. Dus, sodra die Khan Akademie -- Ek het my werk gelos en ons het dit in 'n werklike organisasie omskep -- ons is 'n nie-winsgewend -- is die vraag, hoe neem ons dit na die volgende vlak? Hoe kan ons wat daardie onderwysers
doen vat na die natuurlike gevolgtrekking? So wat ek jul wys hier, dit is werklike oefeninge wat ek begin skryf het vir my neefs. Die enes waarmee ek begin het, was baie meer primitief. Dit is 'n meer bevoegde weergawe daavan. Maar die paradigma is hier, ons sal so baie vrae genereer soos jy nodig het totdat jy daardie konsep begryp, totdat jy 10 in 'n ry regkry. En die Khan Akademie video's is daar. Jy kry wenke, die werklike stappe vir die probleem, as jy nie weet hoe om dit te doen nie. Maar
die paradigma hier, dit lyk dit soos 'n baie eenvoudige ding: 10 in 'n ry, dan beweeg jy aan. Maar dit is fundamenteel anders as wat tans in klaskamers gebeur op hierdie oomblik. In 'n tradisionele klaskamer, het jy 'n bietjie huiswerk, huiswerk, lesing, huiswerk, lesing, en dan het jy 'n momentopname eksamen. En die eksamen, of jy nou 'n 70%, 'n 80%, 'n 90% of 'n 95% kry, die klas beweeg aan na die volgende onderwerp. En selfs die 95% student, wat was die 5% wat hulle nie geweet het nie? Miskie
n weet hulle nie wat gebeur wanneer jy iets verhoog tot die krag van nul nie. En dan gaan jy voort en bou op dit in die volgende konsep. Dit is analogies om te verbeel om te leer 'n fiets te ry, en miskien gee ek jou 'n lesing voor die tyd, en ek gee jou die fiets vir twee weke. En dan kom ek terug na twee weke, en ek sê, "Wel, laat ons sien. Dit blyk jy het probleme met draaie na links. Jy kan nie behootlik stop nie. Jy is 'n 80% fietsryer." So ek stempel 'n groot C op jou voorkop en dan sê ek,
"Hier is 'n eenwielfiets." Maar net so belaglik soos dit klink, dis presies wat gebeur in ons klaskamers op die oomblik. En die idee is jy vinnig vorentoe en goeie studente begin skielik algebra druip begin skielik kalkulus druip, ten spyte dat hulle slim is, ten spyte dat hulle goeie onderwysers het, en dit is gewoonlik dat hulle het hierdie Switserse kaas gapings wat gehou gebou het regdeur hul fondasie. So ons model is leer wiskunde die manier waarop jy enige iets anders sou leer, soos die m
anier waarop jy fietsry sou leer. Bly op die fiets. Val af van die fiets. Doen dit so lank as nodig is totdat jy meesterskap bereik. Die tradisionele model, penaliseer jou vir eksperimentering en mislukking, maar dit verwag nie meesterskap nie. Ons moedig jou aan om te eksperimenteer. Ons moedig jou aan te misluk. Maar ons verwag meesterskap. Dit is net nog een van die modules. Dit is trigonometrie. Dit is die verskuiwing en weerspieëling funksies. En hulle pas almal met mekaar. Ons het sowat 90
van hierdie op die oomblik. En jy kan nou gaan na die webwerf. Dit is alles gratis. Probeer nie om enigiets te verkoop nie. Maar die algemene idee is dat hulle almal in hierdie kennis kaart pas. Dit top nodus net daar, dit is letterlik enkele syfer toevoeging. Dit is soos een plus een is gelyk aan twee. En die paradigma is, kry jy 10 in 'n ry op daardie, dit jou stuur na meer en meer gevorderde modules. So as jy verder af in die kennis kaart hou, beweeg ons na 'n meer gevorderde wiskunde. Verde
r af, dan begin jy met voor-algebra en vroeë algebra. Verder af, dan begin jy om in algebra een, algebra twee, 'n bietjie voor-kalkulus te delf. En die idee is, dat vanaf hierdie ons eintlik alles kan onderrig -- oftewel, alles wat in hierdie tipe van 'n raamwerk onderrig kan word. So jy kan verbeel -- en dit is waarmee ons besig is -- is uit hierdie kennis kaart het jy logika, het jy rekenaarprogrammering, het jy grammatika, het jy genetika, als gebasseer op die basis van daardie kern van, as j
y dit weet en dat weet, is jy nou gereed vir die volgende konsep. Nou dit kan goed werk vir 'n individuele leerder, en ek raai aan een van julle om dit te doen met jul kinders, maar ek moedig ook almal aan in die gehoor om dit self te doen. Dit sal verander wat gebeur om die etenstafel. Maar wat ons wil doen is om gebruik te maak van die natuurlike einde van die klaskamer wil omswaai waaroor die vroeë onderwysers my oor ge-e-pos het. En so wat ek jul wys hier, is die eintlike data van 'n loodspr
ojek in die Los Altos skool distrik, waar hulle twee graad vyf klasse en twee graad sewe klasse gevat het en hulle ou wiskunde kurrikulum heeltemal van kant gemaak het. Hierdie kinders gebruik nie handboeke nie, hulle ontvang nie een-grootte-pas-almal lesings nie. Hulle doen Khan Akademie, hulle doen daardie sagteware, vir ongeveer die helfte van hul wiskunde klas. En ek wil dit duidelik maak, ons sien dit nie as die volledige wiskunde onderrig nie. Wat dit doen is -- en dit is wat gebeur in Los
Altos -- is dit bevry tyd. Dit is die blokkering en die takeling, dit maak seker jy weet hoe om te beweeg deur 'n stelsel van vergelykings, en dit maak tyd vir die simulasies, vir speletjies, vir die meganika, vir die robot bou, vir die beraming van hoe hoog die heuwel is gebaseer op sy eie skaduwee. En so die paradigma is dat die onderwyser loop in elke dag, en elke kind werk teen hul eie pas -- en dit is eintlik 'n lewendige paneelboard van die Los Altos skool distrik -- en hulle kyk na hierd
ie paneelboard. Elke ry is 'n student. Elke kolom is een van daardie begrippe. Groen beteken dat die student reeds vaardig is. Blou beteken dat hulle werk daaraan -- geen rede vir kommer. Rooi beteken dat hulle vas sit. En wat die onderwyser doen is letterlik net sê, "Laat ek by die rooi kinders ingryp." Of selfs beter, "Laat ek een van die groen kinders wat reeds vaardig is in die konsep die eerste lyn van aanval word en hul gebruik om hul klasmaat te voog." (Applous) Nou ek kom uit 'n baie dat
a-sentriese werklikheid, so ons wil nie eers onderwysers die geleentheid gun om te gaan ingryp en die kind ongemaklike vrae te vra soos: "O, wat is dit wat jy nie verstaan nie?" of "Wat verstaan jy?" en al die res. So is ons paradigma is om die onderwysers met soveel inligting as moontlik te bemag -- data wat jy in byna enige ander veld, sou verwag het, as jy in Finansies, of die bemarking of vervaardiging was -- so nou kan die onderwysers eintlik diagnoseer wat verkeerd met die studente is, sod
at hulle hul interaksie so produktief as moontlik kan maak. Die onderwysers weet nou presies waarmee die studente besig is en hoe lank hulle elke dag spandeer het, watter video's hulle gekyk het, waar hulle die video's gevries het, wat het hulle ophou kyk, watter oefeninge hulle gebruik, waarop hulle gefokus was? Die buitenste sirkel toon die oefeninge waarop hulle gefokus is. Die binneste sirkel toon die video's waarop hulle gefokus is. En die data raak baie gedetaileerd, sodat jy kan sien die
presiese probleme wat die student reg of verkeerd het. Rooi is verkeerd, blou is reg. Die linkerste vraag is die eerste vraag wat die student 'n poging op aangewend het. Hulle het gekyk na die video reg daar. En dan kan jy sien, was hulle uiteindelik in staat om 10 in 'n ry te kry. Dit is amper asof jy hulle sien leer oor die laaste 10 probleme. Hulle het ook vinniger geword. Die hoogte is hoe lank dit hulle geneem het. So wanneer jy praat oor self-tempo leer, maak dit sin vir almal -- in die on
derwys-praat, gedifferensieerde leer -- maar dit is soort van mal as jy dit sien in 'n klaskamer. Want elke keer as ons dit gedoen het, in elke klaskamer wat ons gedoen het, oor en oor weer, as vyf dae in dit gaan, is daar 'n groep kinders wat voorentoe gejaag het en daar is’n groep kinders wat 'n bietjie stadiger is. En in 'n tradisionele model, as jy 'n momentopname assessering sou doen, sou jy gesê het, "Hierdie is die begaafde kinders, hierdie is die stadige kinders Miskien moet hulle anders
nagespoor word. Miskien moet ons hulle moet in verskillende klasse sit." Maar wanneer jy toelaat dat elke student werk teen hul eie pas -- en ons sien dit oor en oor en oor weer -- sien jy studente wat 'n bietjie ekstra tyd geneem het op die een of die ander konsep, maar sodra hulle deur die konsep gewerk het, hulle net vorentoe haas. En so het die kinders wat jy gedink het was traag ses weke gelede, sou jy nou dink is die begaafdes. En ons sien dit oor en oor en oor weer. En dit maak jou regti
g wonder hoeveel van die etikette wat dalk baie van ons voordeel uit getrek het, was regtig net as gevolg van 'n sameloop van tyd. Nou so waardevol iets soos hierdie in 'n distrik soos Los Altos is, is ons doel om tegnologie te gebruik vir humanisering, nie net in Los Altos, maar op 'n globale skaal, wat gebeur in die onderwys. En eintlik, daardie soort van bring 'n interessante punt. Baie van die pogings om die humanisering van die klaskamer is gefokus op die student-tot-onderwyser-verhoudings.
In ons gedagtes is die betrokke metrieke student-tot-waardevolle-menslike-tyd- met-die-onderwyser verhouding. So in 'n tradisionele model is die meeste van die onderwyser se tyd spandeer aan lesings en gradering en iets anders te doen. Miskien is 5% van hul tyd eintlik lanks studente sit en eintlik met hulle werk. Nou is 100% van hul tyd. Dus word tegnologie gebruik, nie net om die klaskamer om te swaai nie, maar vir die humanisering van die klaskamer, wil ek argumenteer, deur 'n faktor van 5 o
f 10. En so waardevol as wat dit in Los Altos is, verbeel wat dit aan die volwasse leerders wie te skaam is om terug te gaan en te goed leer wat hulle voorheen moes, voordat hulle terug gaan na die kollege. Stel jou voor wat dit doen aan 'n straat kind in Calcutta wat sy gesin moet help gedurende die dag, en dit is die rede waarom hy of sy nie kan skool toe gaan nie. Nou kan hulle twee uur 'n dag spandeer en dit reg stel, of leer werk inhaal en nie skaam voel oor wat hulle nie weet nie. Nou dink
wat hier gebeur -- ons het gepraat oor die maats wat mekaar binnekant die klaskamer onderrig. Maar dit is alles een stelsel. Daar is geen rede waarom jy nie die werksmaat-tot-werksmaat studieleiding verby daardie een klaskamer kan hê nie. Verbeel jou wat gebeur as daardie student in Calcutta al van 'n skielike jou seun kan voog, of jou seun kan die kind in Calcutta kan voog? En ek dink wat jul sal sien ontwikkel is die idee van 'n globale een-wêreld klaskamer. En dit is essensieel wat ons probe
er om te bou. Dankie. (Applous) Bill Gates: Ek het 'n paar dinge gesien wat jy doen in die stelsel wat te doen het met motivering en terugvoerig, energie punte, meriete wapens. Vertel my wat jy daar gedink het. SK: O ja. Nee, ons het 'n fantastiese span wat daaraan werk. En ek moet dit duidelik maak, dit is nie net ek meer nie. Ek doen nog steeds al die video's, maar ons het 'n super span wat die sagteware doen. Ja, ons het 'n klomp speletjie meganika daar waar jy hierdie wapens kry, ons gaan be
gin om leier borde per gebied te hê, en kry jy punte. Dit is eintlik redelik interessant. Net die bewoording van die wapens of hoeveel punte jy kry om iets te doen, sien ons op 'n stelsel wye basis, hoe die tien duisende van die graad vyf of ses leerders een of ander rigting beweeg, afhangende watter wapen jy hulle gee. (Gelag) BG: En die samewerking wat jy doen met Los Altos, hoe het dit tot stand gekom? SK: Los Altos, dit was soort gek. Weereens, het ek nie verwag dit in klaskamers gebruik sou
word nie. Iemand van hul raad het gekom en gesê, "Wat sou jy doen as jy carte blanche in 'n klaskamer gehad het?" Ek't gesê, "Wel, ek sou net toelaat dat elke student teen hulle eie tempo werk op iets soos hierdie, en ons sal 'n paneelbord verskaf." En hulle het gesê, "Dis soort van radikaal. Ons sal daaroor moet dink." En ek en die res van die span was soos, "Hulle sal nooit dit wil doen nie." Maar die volgende dag was hulle letterlik soos, "Kan jy begin oor twee weke?" (Gelag) BG: So vyfde gr
aad wiskunde is waar dit nou gebeur? SK: Dit is twee vyfde graad klasse en twee graad sewe klasse. En hulle doen dit op die distrik vlak. En ek dink waaroor hulle opgewonde is, is hulle kan nou hierdie kinders volg. Dit is nie 'n alleenlik-in-skool ding nie. Ons het selfs oor Kersfees, gesien hoe sommige van die kinders dit doen. En ons kan spoor hou van alles. So hulle kan hulle eintlik dop hou soos hulle deur die hele distrik beweeg. Deur die somer, as hulle gaan van die een onderwyser na die
volgende, het jy hierdie kontinuïteit van data wat hul selfs by die distrik vlak kan sien. BG: So 'n paar van die paneelborde wat ons gesien het was vir die onderwyser om in te gaan en op te spoor wat met daardie kinders gebeur. So jy kry terugvoering van daardie onderwyser paneelborde om te sien wat hulle dink dit beteken? SK: O ja. Die meeste van daardie spesifikasies was deur die onderwysers. Ons het 'n paar daarvan vir die studente gemaak sodat hulle hul data kon sien, maar ons het 'n baie n
oue ontwerp sirkelroete met die onderwysers self. En hulle het letterlik gesê: "Dit is lekker, maar ... " Soos hierdie fokus grafiek, baie van die onderwysers het gesê, "Ek het ’n gevoel dat baie van die kinders spring rond en nie fokus op een onderwerp nie." So toe maak ons die fokus diagram. So dit was alles onderwyser-gedrewe. Dit was redelik mal. BG: Is dit gereed is vir spitstyd? Dink jy baie klasse volgende skooljaar moet hierdie ding probeer? SK: Ja, dit is gereed. Ons het reeds 'n miljoe
n mense op die webwerf, so ons kan 'n paar meer hanteer. (Gelag) Nee, geen rede waarom dit regtig nie kan gebeur in elke klaskamer in Amerika môre nie. BG: En die visie van die voog ding. Die idee daar is, dat as ek verward is oor 'n onderwerp, op een of ander manier reg in die gebruikerskoppelvlak sal ek mense vind wat vrywillig, miskien hulle reputasie sien, en ek kan skeduleer en verbind met die mense? SK: Absoluut. En dit is iets wat ek aanraai almal in die gehoor moet doen. Daardie paneelbo
rde wat die onderwysers het, jy kan gaan in teken op hierdie oomblik en jy kan 'n afrigter vir jou kinders, of neefs, of dalk 'n paar kinders by die Seuns en Meisies Klub word. En ja, jy kan begin om 'n mentor,’n onderwyser, sommer onmiddellik te raak. Maar ja, dit is alles daar. BG: Wel, dit is ongelooflik. Ek dink jul het 'n voorsmaak van die toekoms van onderrig gesien. Dankie. (SK: Dankie.) (Applous)

Comments

@britalianinoz

He is a revolutionary and he is helping millions - he certainly helped me! Sal Khan deserves a nobel prize!!

@7037Jess

That voice that taught me throughout school, oh man.

@emmanuelwu8204

Sal Khan is very very smart. Truly an academic genius. He can teach math from elementary school level to AP levels and some college math courses, chemistry from middle school level to college general chemistry level, finance from Wall Street fundamentals to everyday life financial markets, and many many more things. He is such a great explainer and note taker. I am so grateful that he is a man who makes academics so much easier to learn

@puppalakshitha9290

This guy deserves a noble prize

@MrKaplanFilm

Salman seems like a really down-to-earth guy. What an inspiration he is for human mankind!

@acalza

I've got so much respect for this man. Humble, smart and has even helped me through university and high school many times.

@WizFizz

I like his take on how kids learn at their own pace, and how indirectly, it proves that labelling kids as "slow" or "gifted" is a silly thing to do. It's all a coincidence of time. We grow and develop at different times, we have different ways of learning etc...

@dreamerrp

I thought I could never understand or like mathematics. I loathed it. I then came across Khan Academy, and I was so sad that I had never ever been come across the real 'mathematics'. And it was all because of this legend. Man, today I like Math, I study Math, I love Math and I live Math. Thanks to you Khan Academy and Sal Khan. 😁😁😁😁😁😁✍️✍️✍️✍️

@sophiaa.8714

online learning is great. i have been using khan academy now for about 2 months and i went from grade level to 3 years ahead.

@woodsranger2007

All the money we've spent on education and the solution is outside the system.

@LopsidedPasta

Khan Academy is a game changer. If Salman Khan and Elon Musk remain relevant for the next thirty or so years, the future of our world will look much, much brighter. These men are real role models

@InessaAlaverdyan1998

"I give you a bicycle and maybe give a lecture ahead of time, and I give you that bicycle for two weeks and then I come after two weeks and say "Well, let's see. You're having trouble taking left turns. And you quite can't stop. You're an 80 percent bicyclist. " So I put a big "C" stamp on your forehead and then I say "here is a unicycle"."

@JLTRAIN233

The fact he does this on his own time, no profit. Just a guy that want's to help others succeed. If that's not class, I'm not sure what is. Wish others were like this guy. Making a difference. I hope I can do the same.

@samsskinner

This guy should be in congress to teach those guys a lesson on education reform.

@quickscopedmofo

Kinda ironic, I've learned more from Sal than any previous teacher. Haha! :) 

@ramakrishnaachyut

sal, if i had a large photo frame of you, i'd literally keep it in the temple room and pray to u everyday! ive never come across a tutor who has even 10% of the clarity in explanation as you do! thanks man :)

@IdleGod

People were laughing, and enjoying the talk at the beginning. But as the talk went on, people got quieter and quieter. It left them speechless. This is one of the greatest talks I've seen.

@matheuscardoso1

I cant even explain how proud and excited I am for living in times like these.

@mycityofsky

I heard about Salman Khan several days before, but I didn't take care, nor did I search for anything about him. Today I stumbled upon a problem in math, after a long time googling and reading, I decided to search for a video about it, then I found Khan Academy. It's so clear, concise and intuitive, what's more, it's even free! I just cannot believe it! Hats off to you, sir!

@elbowinhandout

This is pretty awesome. I have been teaching in various capacities here in Hong Kong. The Swiss cheese holes missing link analogy couldn't be more appropriate for most people in Hong Kong. Teaching them computer skills is especially painful when they have not mastered drag and drop; humanized ways of labelling files..etc. Worst of all, the education here rendered them not to question. Most stumble on through without filling the gaps, and the frustration builds for both the teachers and the students. When asked to go back and master those fundamentals, how ever simple and crucial they might be, they are reluctant, and think that it isn't necessary.